2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Plekname

Plekname begin altyd met hoofletters. Die skryf van Suid-Afrikaanse plekname word bepaal deur die Pleknamekomitee. Byvoorbeeld:

  • Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein
  • Lady Grey, King William's Town
  • Gauteng, KwaZulu-Natal, Wes-Kaap
  • Drakensberg, Oranjerivier, Gariepdam

Internasionale plekname word volgens tradisie verafrikaans. Byvoorbeeld:

  • Keulen vir Köln
  • Londen vir London
  • Luik vir Liège
  • Parys vir Paris

Vir sommige buitelandse geografiese eiename word deesdae naas die verafrikaanste spelling ook die meer internasionale spelling, oftewel Engelse spelling, aanvaar. Byvoorbeeld:

  • Meksiko naas Mexiko
  • Tokio naas Tokyo

Name van plekke wat oorspronklik uit 'n taal met 'n ander alfabet kom, veral Russiese name, word die naam getranslitereer. Byvoorbeeld:

  • Wladiwostok
  • Tjernobil

Lees meer

Vanaf p 522 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls verskyn daar 'n lys van algemene buitelandse geografiese eiename wat in Afrikaans gebruik word.  






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties