'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het die weer skielik verander? Die antwoord: oornag.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Candice het vanjaar uitgeblink in die tradisionele Ierse ........ en met die trofee weggestap.
swaard-dans swaard dans swaarddans
ʼn Samestelling (“swaarddans”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“swaard” en “dans”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die vliegtuigongeluk was ’n ........ gebeurtenis.
droewig droewende droewige droewend
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("droewig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die hond ........ as hy ʼn vreemdeling sien.
bulk grom blaas gaggel
Dieregeluide is werkwoorde wat gebruik word om geluide wat diere maak te beskryf. Kyk ook: http://af.wikipedia.org/wiki/Dieregeluide.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)