2072 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 28 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-04-2026 só ingevul:



Die betogers het hul optrede ........ deur te sê niemand luister na hul griewe nie.
64 % (afgerond)geregverdig 
36 % (afgerond)regverdig
reggeverdig

Die meeste werkwoorde in Afrikaans kry ’n “ge-“ in die verlede tyd.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ komponis, Richard Wagner, is veral bekend vir sy operas.
32 % (afgerond)negentiende eeuse
7 % (afgerond)negentiendeëeuse
62 % (afgerond)negentiende-eeuse 

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas, byvoorbeeld "negentiende-eeuse". Ons noem dit die leesbaarheidskoppelteken.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Graham verjaar op ........ .
66 % (afgerond)skrikkeldag 
1 % (afgerond)skrikkel dag
34 % (afgerond)Skrikkeldag
Skrikkel-dag

Eiename in samestelling met die woord "dag" soos dae van die week en besondere feesdae begin gewoonlik met 'n hoofletter, byvoorbeeld Maandag, Kersdag. Die woord "skrikkeldag" is egter net soos "wasdag", "vakansiedag" en "biddag" eerder 'n soortnaam en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Dit is in ons belang om die ........ omgewing te beskerm.
1 % (afgerond)marien
39 % (afgerond)marine
3 % (afgerond)meriene
56 % (afgerond)mariene 

Die woorde "marien" of "mariene" is byvoeglike naamwoorde; die woord "marine" is ’n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties