30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-04-2026 só ingevul:
Het jy die ........ ingepak sodat ons bietjie die vakansie kan speel?
dambort dambord dam-bord dam-bort
ʼn Samestelling ("dambord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("dam" en "bord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Charlize Theron se klere word deur ’n bekende ........ gemaak.
mode-ontwerper modeontwerper modeöntwerper mode ontwerper
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "modeontwerper", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Ek is nou ........ en sat om na jou verskonings te luister.
siek seer sak
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “siek en sat”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Elke sirkus het ʼn ........ .
Hans Wors Hanswors hans wors hanswors
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "hanswors", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)