0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 26 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-05-2026 só ingevul:



Wat is die vergrotende trap van "ambisieus"?

3 % (afgerond)mees ambisieuser
22 % (afgerond)ambisieusste
5 % (afgerond)meer ambisieuser
70 % (afgerond)ambisieuser 

Die vergrotende trap is "ambisieus+er", terwyl die oortreffende trap "ambisieus+ste" is.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die predikant het die ........ oor hulle uitgespreek.
seun
8 % (afgerond)sëen
1 % (afgerond)seen
90 % (afgerond)seën 

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense "seun" in plaas van "seën".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die huidige president van Suid-Afrika is ........ .

98 % (afgerond)Cyril Ramaphosa 
cirril ramaposa
1 % (afgerond)Ciryl Ramaposa
1 % (afgerond)Cyrril Rammaphosa

Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Om met iemand oor godsdiens te redeneer is futiel.
'n Sinoniem vir die woord "futiel" is ........ .
2 % (afgerond)bomatig
interessant
3 % (afgerond)aanmatigend
95 % (afgerond)vrugteloos 

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. "Funes" beteken 'verderflik, noodlottig, rampsalig'; "bomatig" is 'buitengewoon'; "miniem" is 'buitengewoon klein, onbeduidend, gering'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties