25 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-08-2026 só ingevul:
Eddie het albei sy ........ die naweek beseer.
elmbooë elmboeë elmboogs elmboë
Die meervoud van "elmboog" is "elmboë".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Gee bietjie vir my die ........ aan sodat ek my naels kan mooimaak.
naelvyl naelfyl naelfeil naelveil
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”, en "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die brief is aan ........ gerig.
Philip de Villiers philip de villiers Philip de villiers Philip De Villiers
Afrikaanse vanne wat uit meer as een los geskrewe deel bestaan, begin met 'n kleinletter indien dit op 'n voornaam of voorletter volg, byvoorbeeld Philip de Villiers, Mariet van der Merwe en Johann du Preez. (AWS 9.3b)
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die ........ van die ou geboue in die hoofstraat is eindelik klaar.
restourasie restorasie restaurasie
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "restourasie" kom uit die Latyn "restauratio".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)