1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 22 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-09-2026 só ingevul:



Die graadelfs reël ʼn lekker makietie vir die matrieks.
Wat is die woordsoort van "makietie" in bostaande sin?

5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord
87 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
7 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “makietie - die makietie – makieties”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



By ........ is dit die mannetjie wat geboorte skenk aan die kleintjies.
11 % (afgerond)seeperdtjies
3 % (afgerond)seeperde
seeperdekies
85 % (afgerond)seeperdjies 

ʼn Samestelling ("seeperdjies") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("see" en "perdjies") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ bevat al die openbaringe van Allah aan Mohammed.
4 % (afgerond)koran
74 % (afgerond)Koran 
22 % (afgerond)koran of Koran

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van godsdienstige geskrifte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Stefan lyk vir my 'n bietjies te ........ in die broek vir die taak.
9 % (afgerond)maer
86 % (afgerond)lig 
2 % (afgerond)vet
2 % (afgerond)lank

Die idioom "lig in die broek wees", beteken 'nie opgewasse vir iets wees nie'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties