29 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-09-2026 só ingevul:
Die ........ het die vertonings by die kunstefees geniet.
Grahamstadter Grahamstadder Grahamstadse Grahamstatter
Afleidings van plekname wat op "-stad" eindig en inwoners aandui, word met 'n bykomstige "t" geskryf om die uitspraak weer te gee. Grahamstad staan deesdae amptelik as Makhanda bekend.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Verskeie ........ het deur die jare aan die hoof van die Inkamana Abdy in Vryheid, KwaZulu-Natal (die tuiste van die benediktyne in Suid-Afrika) gestaan.
abs abbotte abbe abte
Die meervoud van die woord "ab" ('die owerste van 'n monnikeklooster of -orde'; Engels 'abbot') is "abte". Ander voorbeelde van Afrikaanse woorde wat hul meervoude vorm deur die toevoeging van "-te" is "bees(te)", "lys(te)", "plig(te)", "produk(te)" en "tydskrif(te)".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die eiland in die Middellandse See wat deels aan Griekeland en deels aan Turkye behoort, is ........ .
Ciprus of Siprus slegs Ciprus slegs Siprus Cyprus of Ciprus
Sommige plekname word verafrikaans. In hierdie geval word albei spellings "Ciprus" en "Siprus" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die vlugtelinge het vrywillig die ........ verlaat.
kamp kampement kampeerterrein
Vlugtelinge word in 'n "kamp" gehuisves; vakansiegangers kampeer op 'n 'kampeerterrein'; die woord "kampement" is 'n ou woord vir 'n 'bivak' of 'militêre kamp'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)