01 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-10-2026 só ingevul:
Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
brisante brusant brisant brusante
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Watter woord bevat 'n diftong?
beur leeu loer muur
Diftonge, oftewel tweeklanke, is 'n opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Diftonge.
Die maatskappy het verlede jaar 'n totale wins van ........ rand getoon.
vier miljoen ses duisend of viermiljoen sesduisend of viermiljoensesduisend vier miljoen ses duisend of vier-miljoen-ses-duisend vier miljoen ses duisend of vier-miljoen ses-duisend of viermiljoensesduisend vier-miljoen-ses-duisend of vier-miljoen ses-duisend
'n Telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" kan los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy ........ sin vir humor staan my nie aan nie.
wrange verwrange verwronge wronge
Die woord "wrang" beteken 'suur'; die woord "wrong" is iets wat 'ineengedraai is', byvoorbeeld tou; die woord "verwronge" is die sterk verlededeelwoord van "verwring".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)