2393 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Basiese spelling | Diftonge

Diftonge (of tweeklanke) bestaan uit meer as een vokaal. Soms word dit deur meer as een klinker geskryf, ander kere nie.

 

Afrikaans het drie egte diftonge:

  • die [əi]-klank in reis of rys
  • die [œi]-klank in huis
  • die [œu]-klank in pous

Ons het ook ses nie-egte diftonge in Afrikaans:

  • die [e:u]-klank in leeu
  • die [ɑ:i]-klank in raai
  • die [o:i]-klank in rooi
  • die [ui]-klank in roei
  • die [ai]-klank in kaiings
  • die [ɔi]-klank in toiings

Die [əi]-klank word soms met 'n y en soms met ei in Afrikaans geskryf. Byvoorbeeld:

  • Ons eet elke dag rys.
  • Ek reis volgende week na Europa.





Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties