07 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-10-2026 só ingevul:
Die regering ........ wat reeds baie gedoen het om onderwys te verbeter ........ het bekend gemaak dat 100 nuwe skole gebou gaan word.
slegs ( en ) - en - of , en , of ( en ) slegs , en , slegs - en -
Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word. (AWS 13.1 2017)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Sy het haar hoërskoolloopbaan aan 'n ........ voltooi.
meisieskool meisies skool meisies-skool meisiesskool
As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Wat noem ons ʼn inwoner van Botswana?
Botswanaër Botswaniër Botswana-inwoner Batswana
Iemand wat van Botswana kom, word ʼn "Botswana-inwoner" genoem. In Tswana word ʼn lid van die Tswana-bevolkingsgroep ʼn "Motswana" (meervoud "Batswana") genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)