16 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-10-2026 só ingevul:
Met die brandstofprys ........ , sal ons nie Kaap toe ook kan reis nie.
in aggeneem in ag geneem inag geneem inaggeneem
"In ag geneem" en "in ag genome" word los van mekaar geskryf, maar "inagneming" en "inagname" word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Sy knik om my te groet. Wat is die woordsoort van "knik" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Sy knik haar kop vir my. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Sy knik vinnig op en af.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Jy kan nie die storie sommer vir ........ vertel nie; dit kan groot gevolge inhou as almal daarvan moet weet.
dese en gene deser en gene dese en gener deser en gener
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dese en gene”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
'n Ateïs is iemand wat die bestaan van 'n opperwese ontken en ook bekend staan as 'n ........ .
Godloënaar of godloënaar Godloënaar god loënaar of God loënaar godloënaar
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)