2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Samestellende afleidings

Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel wat 'n woordgroep saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.

 

In die woord besluitneming veroorsaak die agtervoegsel -ing dat besluit neem ('n woordgroep wat gewoonlik nie vas geskryf word nie) met mekaar verbind om 'n selfstandige naamwoord te vorm.

 

Ander voorbeelde van samestellende afleidings sluit in:

  • ter aarde bestel + -ing = teraardebestelling
  • ten toon stel + -ing = tentoonstelling
  • in diens neem + -ing = indiensneming
  • blou kleur + -ig = bloukleurig





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties