3177 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Eienaamverbleking

Eienaamverbleking is wanneer 'n mens 'n meer figuurlike betekenis aan 'n soortnaam heg wat van 'n eienaam afgelei is. Die eienaam word dan soos 'n soortnaam en word ook met 'n kleinlettertjie geskryf. Byvoorbeeld:

  • adonis (aantreklike man) teenoor Adonis (mitologiese persoonsnaam)
  • bosbou (aanplant van bosse) teenoor Bosbou (die naam van die staatsdepartement)
  • mefistofeles (iemand wat soos 'n duiwel lyk) teenoor Mefistofeles (naam van die karakter in Goethe se Faust)

Ander voorbeelde sluit in:

  • 'n blinkstefaans
  • 'n boetebessie
  • 'n plaasjapie


Sommige eiename, wat ook handelsmerke is, word met kleinletters geskryf as dit na enige produk van daardie tipe verwys:

  • cutex (vir enige soort naellak)
  • diesel (brandstof)
  • primus (gasstofie)
  • vaseline (petroleumjellie)
  • tippex (middel om foute te korrigeer)





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties