3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Sinsbegin

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter. Byvoorbeeld:

  • Die skool begin binnekort. 
  • Baie mense het geslaap, maar sommiges was wakker. 
  • Hulle gaan verloor! 
  • Die span is swak.


Indien 'n sin wat met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie. Byvoorbeeld:

  • 3 000 trekkers het die paaie versper. 
  • 20 tennisspelers het op Wimbledon gespeel. 
  • pH is die aanduiding van suurheid of alkaliniteit.


Daar kom altyd 'n hoofletter na die onbepaalde lidwoord, 'n, aan die begin van 'n sin. Byvoorbeeld:

  • 'n Goue geleentheid. 
  • 'n Gawe mens. 
  • 'n Aand om te onthou.





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties