2977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Homonieme

’n Homoniem is ’n woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ’n ander woord, maar ’n heeltemal ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld vertrek (kamer) en vertrek (weggaan).

 

Voorbeelde van homonieme

  • as: oorblyfsels na ’n brand; onderdeel van ’n motor; indien
  • by: insek wat heuning maak; in die nabyheid
  • eg: nie vals nie; plaaswerktuig; huwelik
  • graaf: tuinwerktuig; edelman
  • kan: in staat wees; houer 
  • kant: uiterste rand; fyn versiering vir kledingstukke
  • kap: wat jy met hout kan doen; deksel oor die masjien van ’n motor
  • lewer: orgaan in die liggaam; verskaf
  • vas: nie los nie; sonder kos bly

Voorbeelde in sinne waar dieselfde woord drie verskillende betekenisse het

  • Sy laat die heuning uit die was drup, was dan haar hande en bêre die was weer waar dit was.
  • Hy het ná die ongeluk aan sy linkerarm gevoel en die gevoel gekry dat hy die gevoel in sy arm verloor het.

Homonimie en polisemie gaan in wese oor meerduidigheid. In die geval van homonimie is daar geen verband in die oorsprong van die woorde nie, terwyl daar by polisemie wel 'n verband is tussen die oorsprong van die woorde.

 

Homograwe en homofone is twee tipes homonieme; in die een geval word die semantiese meerduidigheid bepaal deur 'n verskil in spelling (homofone) en in die ander geval in uitspraak (homograwe).

 

 

Let op dat die terme homografie en homofonie meestal in die konteks van die standaardspelling en standaarduitspraak gebruik word. Die woorde huis en hys is streng gesproke nié homofone of homograwe nie, al word huis meestal uitgespreek as hys, of in sommige variëteite van Afrikaans geskryf as hys. In gespesialiseerde fonologiese analises en besprekings sou 'n mens dus kon aandui dat huis en hys in vinnige, natuurlike uitspraak homofonies is, maar dit is nie hoe die term in die algemeen geïnterpreteer en gebruik word nie. In die algemene sin word die terme gebruik soos in die tabel hier bo weergegee word.

 

Benewens hierdie vier kategorieë, kan ons ook nog talle ander variasies onderskei, waarvan dié in die volgende tabel die belangrikste is:

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties