3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 04 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-09-2019 só ingevul:



........ , jy het hard gewerk en jy het die beste koek in die klas gebak!


2 % (afgerond)Voilla
50 % (afgerond)Voilà 
6 % (afgerond)Voila
41 % (afgerond)Voilá

Die gravisteken word gebruik in leenwoorde van vreemde herkoms in hulle oorspronklike vorms.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Kinders, julle moenie so ........ nie!


10 % (afgerond)slegs tekeregaan
38 % (afgerond)slegs te kere gaan of tekere gaan
30 % (afgerond)te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan 
22 % (afgerond)slegs tekere gaan of tekeregaan

As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Myns insiens is die woord "trok" ........ en behoort nie as Standaardafrikaans gereken te word nie.



14 % (afgerond)slegs Onafrikaans
54 % (afgerond)onafrikaans of on-Afrikaans 
32 % (afgerond)slegs on-Afrikaans

Wanneer byvoeglike naamwoorde wat afgelei is van woorde wat normaalweg met 'n hoofletter gespel word, deur die voorvoegsel "on-" voorafgegaan word, kan die woord sonder 'n koppelteken met 'n kleinletter vas aan die voorvoegsel geskryf word, byvoorbeeld "onafrikaans", "onboeddhisties", "onbybels". Hierdie woorde mag egter ook met 'n koppelteken gespel word, byvoorbeeld "on-Afrikaans".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Idioom: Die ........ in die pot vind.


56 % (afgerond)hond 
37 % (afgerond)haas
4 % (afgerond)leeu
3 % (afgerond)donkie

Hierdie idioom beteken 'te laat kom vir ete'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties