3842 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-09-2019 (vlak 3)



vorige toets 06 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-09-2019 só ingevul:



Die ........ was grootliks suksesvol.


13 % (afgerond)ter tafel legging
58 % (afgerond)tertafellegging 
1 % (afgerond)tertafel legging
28 % (afgerond)ter tafellegging

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-ing") wat 'n woordgroep ("ter tafel lê") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Shaun se gesig is geswel waar hy geval het.
Wat is die woordsoort van "geswel" in bostaande sin?


13 % (afgerond)bepalende adjektief
30 % (afgerond)attributiewe adjektief
5 % (afgerond)adverbiale adjektief
51 % (afgerond)predikatiewe adjektief 

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n geswelde gesig”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die gesig is geswel".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Idioom: Met die ........ in die bos huil.


15 % (afgerond)jakkalse
77 % (afgerond)wolwe 
7 % (afgerond)honde
2 % (afgerond)uile

Hierdie idioom beteken 'maak soos jou maats maak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die toeriste wou graag 'n ........ sien.


18 % (afgerond)loxodonta africana
50 % (afgerond)Loxodonta Africana
8 % (afgerond)loxodonta Africana
24 % (afgerond)Loxodonta africana 

By taksonomiese benamings begin genusname ("Loxodonta") en hoër klassifikasies tradisioneel met 'n hoofletter. Daarenteen begin spesiename ("africana") en laer klassifikasies met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties