Die homofone "marine" en "mariene" word maklik met mekaar verwar of verkeerdelik as wisselvorme van mekaar gebruik, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word. Hulle behoort egter tot verskillende woordsoorte. Die woord "marine" (selfstandige naamwoord) beteken 'n 'seemag', terwyl "marien(e)" (byvoeglike naamwoord) die betekenis 'betreffende die see' dra.
Sien ook die bladsy Homofone.
Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
adhockomitee ad hoc-komitee ad hoc komitee
Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die versekering vra drie kwotasies van verskillende ........ voordat hulle iemand kies om die bedrading te herstel.
Die woord "elektrisiën" verwys na iemand wat elektriese toestelle herstel of installeer; "elektriese ingenieurs" werk met die opwekking, instandhouding, verspreiding en kondisionering van elektriese energie; "kragvoorsieners" is instansies soos Eskom wat krag opwek en dit na verbruikers of munisipaliteite versprei.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)