3977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-08-2020 (vlak 1)



vorige toets 12 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-08-2020 só ingevul:



Jy sal baie beter punte behaal as jy nie sulke ........ foute maak nie.


93 % (afgerond)nalatige 
2 % (afgerond)nalatig
1 % (afgerond)nalaatig
3 % (afgerond)nalaatige

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Kry asseblief vir my ’n bietjie ........ sodat ek dit in die koek kan sit.


1 % (afgerond)wenielje
27 % (afgerond)vanilje
2 % (afgerond)venielje
70 % (afgerond)vanielje 

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak beklemtoonde posisie is (soos die "a" in "vanielje"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "venielje").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.




Sy is iemand wat gereeld ........ .


14 % (afgerond)groot praat
86 % (afgerond)grootpraat 

Wanneer 'n bywoord of byvoeglike naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die woord "laksman" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Die buurman het as laksman verskeie doodsvonnisse voltrek.
Die laksman is bekend daarvoor dat hy insekte aan drade vasmaak.


84 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)sinoniem
3 % (afgerond)antoniem
7 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "laksman" (‘iemand wat die doodsvonnis uitvoer’) en "laksman" (‘’n soort voël’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties