3825 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-09-2020 (vlak 3)



vorige toets 17 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-09-2020 só ingevul:



San Francisco word gereeld deur ........ getref.


1 % (afgerond)aardbewings of aarbewingen
1 % (afgerond)slegs aardbewinge
42 % (afgerond)aardbewinge of aardbewings 
57 % (afgerond)slegs aardbewings

Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge".
Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Benita wil graag 'n engel op haar enkel laat ........ .


tatoeheer
tatoeeer
90 % (afgerond)tatoeëer 
9 % (afgerond)tatoeër

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .


1 % (afgerond)tweede-handsehandelaarsforum
tweede handse handelaarsforum
9 % (afgerond)tweedehandse handelaarsforum
90 % (afgerond)tweedehandsehandelaarsforum 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




'n Ander betekenis vir die woord "toetakel" as 'te lyf gaan', is ........ .


38 % (afgerond)opsmuk 
58 % (afgerond)iets lelik sê
4 % (afgerond)baie geskenke gee

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toetakel” (‘opsmuk’) en “toetakel” (‘te lyf gaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties