3825 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2020 (vlak 2)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-08-2020 só ingevul:



Klaus het sulke groot ........ .



orens
100 % (afgerond)ore 
oorse
oors

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "oor - ore", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die ........ wat ek gebruik, maak my duiselig.


2 % (afgerond)mediekasie
mediekasi
98 % (afgerond)medikasie 
medikasi

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n oop binnelettergreep staan, word met ’n “i” geskryf (AWS 16.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .



7 % (afgerond)ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie
4 % (afgerond)iemand wat vol skete is
78 % (afgerond)iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge 
12 % (afgerond)ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing

Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Persoonsname.




Hy was omtrent so groot soos 'n ........ !


korilla
96 % (afgerond)gorilla 
3 % (afgerond)goerilla
koerilla

Die [g]-klank in Afrikaans word in leenwoorde meestal met "g" weergegee.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties