3825 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2020 (vlak 3)



vorige toets 11 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-08-2020 só ingevul:



Die ........ van kleur in die skildery is mooi.


1 % (afgerond)awisseling
86 % (afgerond)afwisseling 
13 % (afgerond)afwisselling
afwiseling

Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die ........ wol is reeds verpak vir die mark.


18 % (afgerond)slegs geklasde
slegs geklast
19 % (afgerond)slegs geklaste
64 % (afgerond)geklaste of geklasde 

'n Deelwoord is 'n woord wat deels 'n werkwoord en deels 'n ander woordsoort is. Dit kan byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord wees.
As die werkwoord op "f", "g" of "s" eindig, kry dit "ge-+-te" of "ge-+-de" in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Kyk hoe huil ........ oor sy stukkende stoeltjie!


15 % (afgerond)Baba beer
55 % (afgerond)Baba Beer 
14 %baba Beer
16 % (afgerond)baba beer

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Eskom het aangekondig dat beurtkrag vandag tussen 10:00 en 22:00 ........ sal word.


8 % (afgerond)uitgevoer
91 % (afgerond)ingestel 
opgevoer
uitgestel

'n Besluit of bevele word "uitgevoer". Die woord "instel" beteken 'aan die gang sit'.
(Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties