3123 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 09 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-05-2024 só ingevul:



Ouma gebruik ........ as kors vir die melktert.


95 % (afgerond)croissantjies 
1 % (afgerond)croissantetjies
1 % (afgerond)croissanties
2 % (afgerond)croissankies

Die verkleiningsvorm van "croissant" is "croissantjie".
Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Die huis is ........ omdat die eienaar bankrot verklaar is.


1 % (afgerond)opgevuil
2 % (afgerond)opgevyl
1 % (afgerond)opgefyl
97 % (afgerond)opgeveil 

Ons kry die woord "veil" ook in die woord "veiling" waar goedere "opgeveil" word.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Mevrou Haase gaan aan die begin van elke week na die ........ , omdat sy geen supermark se produkte vertrou nie.


3 % (afgerond)varsprodukte mark
2 % (afgerond)vars produktemark
95 % (afgerond)varsproduktemark 
vars-produkte-mark

Samestellende samestellings kom voor waar 'n woordgroep ("vars produkte") en 'n ander woord ("mark") verbind. Die woordgroep kan, soos in hierdie geval, bestaan uit 'n adjektief en 'n selfstandige naamwoord. Juis omdat die woordgroep optree as die bepaler in die samestelling, word dit vas aan die kern geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die kwessie ........ die huiswerk is opgelos.


24 % (afgerond)rondom
op
1 % (afgerond)hangende
75 % (afgerond)aangaande 

"Rondom" is 'n onakkurate modewoord in hierdie konteks. "Aangaande" is die meer korrekte vorm. "Rakende" sou ook gebruik kon word.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties