3135 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 19 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-04-2024 só ingevul:



Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.


5 % (afgerond)Nasionale Vroue Monument kommissie
2 % (afgerond)Nasionalevrouemonument kommissie
67 % (afgerond)Nasionale Vrouemonumentkommissie 
26 % (afgerond)Nasionalevrouemonumentkommissie

Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die maatskappy ontbind na baie jare van diens aan die publiek.
Wat is die woordsoort van "ontbind" in bostaande sin?


8 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
49 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
39 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
3 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy ontbind na baie jare.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




As Ouma die eende gaan kos gee, roep sy: " ........ !"



47 % (afgerond)wielie-wielie 
15 % (afgerond)kiep-kiep
14 % (afgerond)koel-koel
24 % (afgerond)kielie-kielie

Eende word geroep met wielie-wielie (of pielie-pielie), hoenders met kiep-kiep en kalkoene met koel-koel. Sekere paddas maak kielie-kielie. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Daar is vanaand 'n dans in die skuur by die bekende dansplek, ........ .


69 % (afgerond)Koos se Kraal 
9 % (afgerond)Koos se kraal
17 % (afgerond)Koos-Se-Kraal
5 % (afgerond)Koos Se Kraal

Indien plekname die element "se" bevat en die dele los geskryf word, begin die laaste komponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties