21 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-01-2025 só ingevul:
Sy is 'n ........ van 'n laevetdieet.
voorstander
voorstaander
Die woorddeel "-stander" verwys gewoonlik na 'n persoon (omstander, teenstander, buitestander), terwyl "-staander" na lewelose objekte verwys (boekstaander, sambreelstaander, lampstaander).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Jy sien min van hulle, omdat hulle ........ diere is.
skuwe of skue
slegs sku sku of skuwe
slegs skue
Oop eenlettergrepige vorme op "-u" word met 'n "-w-" geskryf as dit met 'n attributiewe "-e" voorkom. Die AWS erken beide "sku" en "skuwe in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die naam van die streek in die oostelike deel van die Tuinroete tussen Knysna en Humansdorp is ........ .
tsietsikamma
tsitsikama Tsitsikamma
Tsietsiekama
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
'n Jong geestelike wat 'n biskop in die Rooms-Katoliek Kerk bystaan, noem ons 'n ........ .
akkoliet akoliet
akeliet
akkeliet
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akoliet”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "akoliet" kom uit Grieks "akolouthos" wat 'volgeling' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)