Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
op pad
oppad
op-pad
Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die water lek uit die tuinslang waar dit ʼn gaatjie het. Die kind lek aan 'n roomys. Die woord "lek" in bostaande sinne is 'n ........ .
homofoon
poliseem homoniem
homograaf
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “lek” (‘drup’) en “lek” (‘met die tong eet’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)