2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-08-2024 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-08-2024 só ingevul:



Die leeu het die bok ........ .

4 % (afgerond)verskeer
95 % (afgerond)verskeur 
verskeër

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “verskeer” in plaas van die korrekte “verskeur”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



........ van oorloggeteisterde lande raak ’n al groter probleem.
2 % (afgerond)Vlugtelingens
2 % (afgerond)Vlugtelingers
93 % (afgerond)Vlugtelinge 
2 % (afgerond)Vlugtelings

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is ("vlugteling"), kry gewoonlik ’n "s" in die meervoud. Die woord "vlugtelinge" is egter ’n uitsondering.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



My sussie is in droomland nadat ........ sy sand kom strooi het.
80 % (afgerond)Klaas Vakie 
7 % (afgerond)Klaas vakie
12 % (afgerond)klaas vakie
1 % (afgerond)klaas Vakie

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Ek het gister oral gesoek maar ........ nie die ring kry nie.
4 % (afgerond)kan
96 % (afgerond)kon 
gekan

Die verledetydsvorm van die woord "kan" is "kon".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties