2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 13 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-08-2024 só ingevul:



"Vigs" is die ........ vir "verworwe immuniteitsgebreksindroom".
56 % (afgerond)akroniem 
3 % (afgerond)inkorting
41 % (afgerond)afkorting

'n Akroniem is 'n afkorting wat as 'n woord uitgespreek word. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Akronieme.



Leonie het van haar man 'n karba van die beste wyn as ........ ontvang.
5 % (afgerond)huweliks herdenkings geskenk
73 % (afgerond)huweliksherdenkingsgeskenk 
5 % (afgerond)huweliks herdenkingsgeskenk
18 % (afgerond)huweliksherdenkings geskenk

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Tydens die ........ het talle mense gesterf.
10 % (afgerond)Eerstewêreldoorlog
1 % (afgerond)eerste wêreld oorlog
8 % (afgerond)eerste wêreldoorlog
81 % (afgerond)Eerste Wêreldoorlog 

Die name van belangrike historiese gebeure ("Eerste Wêreldoorlog") word met hoofletters gespel (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Vee eers voor jou eie ........ .
1 % (afgerond)trappe
19 % (afgerond)stoep
76 % (afgerond)deur 
4 % (afgerond)voete

Hierdie idioom beteken 'dink aan jou eie gebreke'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties