2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-08-2024 só ingevul:



Die pas deur die berg moes gesluit word weens die rotsstorting.
Die broek wat Dawid gekoop het pas hom nie.
Die woord "pas" in bostaande sinne is 'n ........ .
1 % (afgerond)wisselvorm
84 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)antoniem
13 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “pas” (‘pad oor 'n steil berg’) en “pas” (‘nie geskik nie’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Die ........ kitaarspeler van die aand was niemand anders as Carel nie!

95 % (afgerond)gewildste 
meer gewildste
5 % (afgerond)mees gewildste
meer gewild

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die ........ grens aan die Vrystaat.
13 % (afgerond)Oos Kaap
4 % (afgerond)Oos-kaap
83 % (afgerond)Oos-Kaap 
oos-Kaap

Geografiese name, byvoorbeeld die name van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die mediamaatskappy het groot winste behaal ná hul groot belegging in ........ .
1 % (afgerond)ehandel
14 % (afgerond)E-handel
Ehandel
84 % (afgerond)e-handel 

In woorde waar die woord "elektroniese" met "e" afgekort word, word dit met 'n koppelteken vas geskryf aan die naamwoord, byvoorbeeld "e-handel", "e-pos", "e-boek".
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties