16 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-08-2024 só ingevul:
Ek dink jy moet hierdie teks ........ , dan gaan die uitleg beter lyk.
sentreer
sentreër
centreër
sentrer
In geslote lettergrepe (soos in die woord “sentreer”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Voltooi die idioom: Moenie ........ skree voor jy oor die brug is nie.
hokaai of hoera
hallo of totsiens
welgedaan
Jy gebruik die idioom as jy iemand wil waarsku dat hy/sy nie te selfversekerd moet wees voor die uitslag van iets bekend is nie.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Een naweek het ons Hartenbos toe gery vir ’n ........ .
hoë impaknaweek
hoë-impak-naweek
hoë impak naweek hoëimpaknaweek
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë" + selfstandige naamwoord "impak") en ʼn selfstandige naamwoord "naweek".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die nuwe bure het ........ vir ons kom kuier.
ongevraag of ongevraagd
ongevraagd
geonvraagd
ongevraag
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "ongevraag – ongevraagd", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)