2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 20 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-08-2024 só ingevul:



Die redakteur spring ........ aan die werk as daar 'n groot storie is.
8 % (afgerond)ommiddellik
3 % (afgerond)ommiddelik
68 % (afgerond)onmiddellik 
21 % (afgerond)onmiddelik

Al klink die "n" in "onmiddellik" soms soos 'n "m", word dit met 'n "n" geskryf.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
72 % (afgerond)pekari's 
12 % (afgerond)pekaries
8 % (afgerond)pekarisse
8 % (afgerond)pekaris

Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word.
Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".
2 % (afgerond)groot Beer
1 % (afgerond)Groot beer
1 % (afgerond)groot beer
96 % (afgerond)Groot Beer 

Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die brand is ........ onder beheer gebring.
9 % (afgerond)slegs grootliks
19 % (afgerond)slegs grotendeels
72 % (afgerond)grotendeels of grootliks 
slegs groots

Die woorde "grotendeels" en "grootliks" is sinonieme en beteken 'in 'n groot mate'; die woord "hoofsaaklik" beteken 'veral' of 'vernaamlik', byvoorbeeld: Sy lê haar hoofsaaklik op die studie van insekte toe.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties