2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 22 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-08-2024 só ingevul:



Daar gaan 'n hele paar treffers op Bobby van Jaarsveld se ........ album wees.
33 % (afgerond)opkomende
5 % (afgerond)uitkomende
62 % (afgerond)komende 
inkomende

Die woord "komende" verwys na iets wat 'op pad' is. Die woord "opkomende" verwys na iets wat besig is om 'op te kom', byvoorbeeld die son, die jeug, geslag. Die woord "inkomende" beteken iets wat van buite af 'inkom'; die woord "uitkomende" is iets wat 'uitstaan' of 'van binne af uitgaan', byvoorbeeld 'n uitkomende stem wat die wysie sing.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Die ondersoekbeampte het ........ bewyse teen die trustees verkry.
2 % (afgerond)klingklare
78 % (afgerond)klinkklare 
2 % (afgerond)klinklaar
19 % (afgerond)klinklare

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "a" in "klinkklare" word nie verdubbel nie omdat die vokale “a”, “e”, “o” en “u” in oop lettergrepe word nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dit is 'n ........ se plig om misdaad te bekamp.
67 % (afgerond)regering 
30 % (afgerond)Regering of regering
3 % (afgerond)Regering

Wanneer 'n ampsbenaming, of die naam van 'n instelling ("regering"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Die gedrang in die winkel was so erg dat ek byna flou geword het.
Wat is die woordsoort van "gedrang" in bostaande sin?
65 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
25 % (afgerond)werkworod
voornaamwoord.
9 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “gedrang - die gedrang – gedrange”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties