2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 27 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-08-2024 só ingevul:



ʼn ........ Thembikosi het vertel hoe sy winkel beroof is.
Onthutsend
63 % (afgerond)Onthutste 
35 % (afgerond)Onthutsde
1 % (afgerond)Onthuts

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die see is so ........ dat baie dele daarvan nog nie ontdek is nie.
dip
duup
100 % (afgerond)diep 
dup

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “duup” in plaas van die korrekte “diep”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Liewe ........
Ek kom volgende week Kaap toe en sal graag wil kom kuier.
88 % (afgerond)Oupa 
ou pa
12 % (afgerond)oupa
Ou pa

’n Eienaam ("Oupa") in ’n aanhef word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die ouditeurs het die boeke in ........ nagegaan.
99 % (afgerond)detail 
dieteil
1 % (afgerond)deteil
dietail

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties