2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 28 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-08-2024 só ingevul:



Dit was ........ wat die blompot omgestamp het!

26 % (afgerond)èk
74 % (afgerond)ék 

Die akuutteken word gebruik om woordklem in 'n sin aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die ........ het het binne sekondes ná lansering die vuurpyl van sy koers laat afwyk.
20 % (afgerond)Proton-M vuurpylaanjaer
37 % (afgerond)Proton-M-vuurpylaanjaer 
40 % (afgerond)Proton M-vuurpylaanjaer
2 % (afgerond)Proton M vuurpylaanjaer

Die naam van die vuurpyl is "Proton-M". In 'n samestelling kom daar dus nog 'n koppelteken om die res van die woord aan die eerste deel te koppel, "Proton-M-vuurpylaanjaer".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die hoofstad van China staan bekend as ........ .
Peeking
3 % (afgerond)Beidjing
91 % (afgerond)Beijing 
7 % (afgerond)Peking

Die AWS erken slegs die spelling "Beijing" wat berus op die transliterasie van Standaardmandaryns. Die spelling "Peking" spruit uit die transliterasie van dialekte van Mandaryns waarmee Europeërs eerste kennisgemaak het.
https://af.wikipedia.org/wiki/Beijing
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Op die ........ blaas.
4 % (afgerond)koek
8 % (afgerond)kers
48 % (afgerond)vlam
40 % (afgerond)tou 

Die idioom "op die tou blaas", beteken 'die osse aanmoedig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties