2370 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 30 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-08-2024 só ingevul:



Menige ........ is ingedien.
38 % (afgerond)laataansoeke
38 % (afgerond)laat aansoek 
17 % (afgerond)laataansoek
8 % (afgerond)laat-aansoeke

Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar).
Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die regter het die moordenaar se vonnis voltrek en haar tronk toe gestuur.
Wat is die woordsoort van "voltrek"?
4 % (afgerond)onafhanklike hoofwerkwoord
2 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
82 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
12 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die regter voltrek die vonnis. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dit is nie net bere wat brom nie, ........ brom ook.
5 % (afgerond)leeus
2 % (afgerond)uile
22 % (afgerond)renosters
72 % (afgerond)volstruise 

Leeus brul, renosters snork en uile hoe-hoe, roep of steun.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



ʼn Inwoner van Moskou is 'n ........ .

76 % (afgerond)Moskowiet 
10 % (afgerond)Moskouër
9 % (afgerond)Moskouliet
5 % (afgerond)Moskower

Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties