2265 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 17 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-01-2025 só ingevul:



Stefan het tot ........ gekom; hy besef nou dat ouens wat steel en dwelms gebruik, nie sy vriende kan wees nie.

1 % (afgerond)eenkeer
enkeer
2 % (afgerond)inkeër
98 % (afgerond)inkeer 

Die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 18.11).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Hulle is ........ van eenderse vere.
1 % (afgerond)mossies
volstruise
98 % (afgerond)voëls 
duiwe

Hierdie idioom beteken 'hulle geaardheid is dieselfde'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
62 % (afgerond)op pad 
37 % (afgerond)oppad
op-pad

Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die water lek uit die tuinslang waar dit ʼn gaatjie het.
Die kind lek aan 'n roomys.
Die woord "lek" in bostaande sinne is 'n ........ .

16 % (afgerond)homofoon
18 % (afgerond)poliseem
65 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)homograaf

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “lek” (‘drup’) en “lek” (‘met die tong eet’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties