2243 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 02 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-01-2025 só ingevul:



Die houtkapper het vandag baie bome gevel.
Die vonnis word môre gevel.
Die woord "gevel" in bostaande sinne is 'n ........

24 % (afgerond)poliseem 
20 % (afgerond)homofoon
2 % (afgerond)antoniem
54 % (afgerond)homoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld die werkwoord "vel" (van bome) en "vel" (van 'n vonnis).
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Homonieme.



Wol word volgens die fynheid daarvan ........ .
4 % (afgerond)gradeer
gradeur
83 % (afgerond)gegradeer of gradeer 
13 % (afgerond)gegradeer

By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig ("gradeer"), is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Sy beklee die pos van ........ .
18 % (afgerond)slegs Senior Bestuurder
66 % (afgerond)Senior Bestuurder of senior bestuurder 
16 % (afgerond)slegs senior bestuurder

'n Ampsbenaming ("senior bestuurder") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



In 'n politieke konteks, waarvoor staan die letternaamwoord "OAE"?
30 % (afgerond)Organisasie van Afrika-Eenheid 
9 % (afgerond)Organisasie van Afrikaeenheid
12 % (afgerond)Organisasie van Afrika-eenheid
50 % (afgerond)Organisasie van Afrika Eenheid

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.



TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties