06 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-01-2025 só ingevul:
Die minister is al jare lank in omstredenheid ........ .
gedoop
omvou gehul
gedompel
'n mens gebruik in omstredenheid "gehul" wanneer die omstredenheid reeds in die verlede lê; "gedompel" wanneer dit so pas bekend geword het. Byvoorbeeld: Die minister is al jare lank in omstredenheid gehul. Die nuwe tender het die minister in omstredenheid gedompel.
Uitdrukking: ........ of hy ooit die erns van die saak sal besef!
Enigeen weet Nugter weet
Almal weet
Niemand weet
As 'niemand weet nie', sê ons "nugter weet". As ons dié uitdrukking gebruik, kom daar nie 'n tweede "nie" in die sin nie. As jy sê: "Niemand weet...", moet daar wel 'n tweede "nie" in die sin gebruik word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Ma maak vanaand vir ons ........ vir aandete.
macaroni en kaas macaroni-en-kaas
macaroni- en kaas
Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde ("macaroni, en, kaas") in die geheel betekenisverandering ondergaan het, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
........ is die hoogste bergspits in Afrika.
Berg Killimanjaro
Berg Kilimanjaro Kilimandjaro
Kilimanjaro
Die naam "Kilimandjaro" kom waarskynlik van die Swahili "Kilima-Njaro" en beteken 'wit heuwel'. In Engels is dit "Mount Kilimanjaro", maar in Afrikaans slegs "Kilimandjaro"; om "Berg Kilimandjaro" te sê, word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)