2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 12 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-09-2024 só ingevul:



Ek sal die tuin ........ wanneer ek by die huis kom.
nat-gooi
89 % (afgerond)natgooi 
11 % (afgerond)nat gooi

Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n byvoeglike naamwoord ("nat") en 'n werkwoord ("gooi").
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ bydrae van die fonds maak my studies moontlik.
7 % (afgerond)finansieële
91 % (afgerond)finansiële 
3 % (afgerond)finansiele

Die deelteken word gebruik by woorde wat oorspronklik eindig op "-ieel" en dan voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Iemand 'n ........ in die kop praat.
2 % (afgerond)skoot
1 % (afgerond)pruik
92 % (afgerond)gat 
5 % (afgerond)pyn

Die uitdrukking "iemand 'n gat in die kop praat" beteken
'iemand ompraat om iets te doen'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Lande in ........ beleef tans ongekende groei.
98 % (afgerond)Asië 
asië
1 % (afgerond)Asiee
1 % (afgerond)asiee

Geografiese name en plekname word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties