2287 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 07 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-11-2024 só ingevul:



Ons het vandag ’n nuwe ........ gekry.
98 % (afgerond)wasmasjien 
2 % (afgerond)wasmesjien
was-masjien
was masjien

Die woorddele "was-" en "masjien" vorm saam ’n samestelling van selfstandige naamwoorde en word dus vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Katrien het 'n bos geurige ........ rooi rose van 'n bewonderaar gekry.
2 % (afgerond)kommapunt
1 % (afgerond)punt
36 % (afgerond)komma 
61 % (afgerond)geen leesteken

Die komma word tussen byvoeglike naamwoorde (wat by selfstandige naamwoorde hoort) as ruspunt in 'n sin gebruik.
Sien ook die bladsy Komma.



Dat die terreurgroep verantwoordelik was vir die bomplanting is ’n ........ feit.
1 % (afgerond)voldange
35 % (afgerond)voldwonge
3 % (afgerond)voldongde
61 % (afgerond)voldonge 

Die uitdrukking "voldonge feit" beteken dit is ’n 'afgehandelde saak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



ʼn Inwoner van Japan is 'n ........ .

1 % (afgerond)Japaniër
61 % (afgerond)Japanees
38 % (afgerond)Japanner 
Japanni

Iemand wat van Japan kom, word ʼn "Japanner" of "Japannees" (met twee n'e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties