2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 24 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-09-2024 só ingevul:



Daar is baie ........ op die pad.
74 % (afgerond)taxi's 
20 % (afgerond)taxis
6 % (afgerond)taxies

Alle woorde wat met 'n "i" eindig, kry 'n afkappingsteken in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Tydens die ski-ongeluk is sommige van die ........ ook beseer.
1 % (afgerond)omstaners
omstaaners
22 % (afgerond)omstaanders
76 % (afgerond)omstanders 

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “n” en die “d” in “omstanders”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Sy familie noem hom ........ , omdat hy 'n voorliefde het vir duur motors.
1 % (afgerond)Blink stefaans
84 % (afgerond)Blink Stefaans 
3 % (afgerond)blink stefaans
13 % (afgerond)blink Stefaans

Indien 'n bynaam los van die gewone eienaam geskryf word, begin albei die name met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



ʼn ........ lyk soos ʼn kameel, word as pakdier gebruik en lewer wol en melk.
57 % (afgerond)Llama of Lama 
20 % (afgerond)Lama
23 % (afgerond)Llama

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "llama – lama"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties