2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-09-2024 só ingevul:



Ek het jou mos gesê ........ al hoe minder studente stel daarin belang om 'n addisionele taal aan te leer.
60 % (afgerond)komma
40 % (afgerond)aandagstreep 
hakie
punt

Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik.
(AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.



Die regering het pas die nuwe ........ goedgekeur.
19 % (afgerond)minimum loon 
80 %minimumloon
1 % (afgerond)minimum-loon
1 % (afgerond)minimale loon

Die woorde "minimum" en "maksimum" word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik en dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf. Byvoorbeeld "minimum loon, maksimum snelheid". Dit word slegs as selfstandige naamwoord gebruik wanneer dit nie as 'n samestelling gebruik word nie en 'n lidwoord voorafgaan. Byvoorbeeld, "Ons moet besteding tot die minimum beperk".
Bronne: HAT6
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



'n Pragenaar is gewoonlik ook 'n ........ .
6 % (afgerond)Czech
93 % (afgerond)Tsjeg 
1 % (afgerond)Sjeg

Die Afrikaanse benaming vir 'n inwonder van die Tsjeggiese Republiek is 'n "Tsjeg" (Engels 'Czech'). 'n "Sjeg", daarenteen, is 'n Islamitiese geestelike.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Idioom: Hy gee my 'n ........ onder water.
15 % (afgerond)hou
5 % (afgerond)soen
36 % (afgerond)skop
45 % (afgerond)steek 

Hierdie idioom beteken 'hy sê my op indirekte wyse sleg'.

Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties