2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 27 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-09-2024 só ingevul:



Marlene is ........ nadat sy by die werk afgedank is.
9 % (afgerond)verbitter
55 % (afgerond)verbitter of verbitterd 
36 % (afgerond)verbitterd
ferbitterd

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "verbitter – verbitterd", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Daar's al baie stertjies by die storie ........ .
1 % (afgerond)aan gelas
99 % (afgerond)aangelas 
geäanlas
geaanlas

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die nuwe meisie in ons klas dink sy is ........ .

6 % (afgerond)botter
23 % (afgerond)room
1 % (afgerond)melk
70 % (afgerond)kaas 

Die idioom "iemand dink hy/sy is kaas (en dan is hy/sy nog nie eers dikmelk nie)", beteken 'iemand het sonder rede 'n baie hoë dunk van hom-/haarself'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die korrekte wyse om "potte" af te breek oor twee reëls is ........ .
pott-e
2 % (afgerond)po-tte
98 % (afgerond)pot-te 

Woorde word afgebreek tussen die verdubbelde konsonant.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties