Die AWS (www.woordelys.co.za) erken slegs "privaat sak" (of "private sake"), aangesien "privaat" 'n byvoeglike naamwoord is. Ons skryf daarom ook "privaat aangeleentheid", "private sektor", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Samestellings.
"Wat beteken ........ ons is aan die vyand uitgelewer ........ binne hierdie konteks?" vra Kannemeyer in die rubriek.
enkelaanhalingstekens
dubbelaanhalingstekens
aandagstrepe
geen leestekens
Enkelaanhalingstekens word binne dubbelaanhalingstekens gebruik. (AWS 13.6)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Idioom: Die ........ het 'n muis gebaar.
hond
kaas berg
kat
Die idioom "die berg het 'n muis gebaar", beteken 'groot dinge is verwag maar iets kleins het gebeur'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Annemarie is met 'n ........ getroud.
Tsjeg
Czeg
Ceg
Tjeg
Iemand wat van die Tsjeggiese Republiek kom, word 'n Tsjeg genoem. 'n Tsjeg het Tsjeggiese gewoontes en praat Tsjeggies.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)