2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-10-2024 só ingevul:



Eugene het as 'n jong man Frans ........ praat.
3 % (afgerond)geleer
27 % (afgerond)leer 
70 % (afgerond)leer of geleer

Skakelwerkwoorde soos "leer", "voel", "sien" en 'n hele reeks ander, wat 'n hoofwerkwoord voorafgaan, kry nie "ge-" vooraan wanneer dit saam met die hulpwerkwoord "het" gebruik word om verlede tyd aan te dui nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ van die rugbyspan gaan nog vir vele oorwinnings sorg.
89 % (afgerond)robuustheid 
2 % (afgerond)robusdheid
5 % (afgerond)robuusdheid
4 % (afgerond)rubustheid

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Dr. Smit is die ........ van die Fakulteit Opvoedkunde.
10 % (afgerond)Dekaan
30 % (afgerond)dekaan
60 % (afgerond)Dekaan of dekaan 

'n Ampsbenaming wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



In die apartheidsjare het verskeie lande Suid-Afrika ........ .
92 % (afgerond)geboikot 
2 % (afgerond)geboykot
4 % (afgerond)geboycot
2 % (afgerond)gebôikot

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties