10 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-10-2024 só ingevul:
Plant- en diername soos "boegoe", "dagga", en "kwagga" is ........ uit Khoi.
homonieme leenwoorde
antonieme
anglisismes
Afrikaans word verryk deur woorde by ander tale te leen. Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Die ........ "Vibrio cholerae" veroorsaak die siekte cholera by mense.
bakteri's bakterie
bakterieë
bakterië
Hoewel ons meestal die meervoudsvorm "bakterieë" gebruik, word die enkelvoud "bakterie" gebruik wanneer daar na een spesie verwys word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Dit is ........ gedrag deur daardie broer.
on-Christelike
Onchristelike onchristelike
Byvoeglike naamwoorde wat van eiename afgelei is en met "on-" begin, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Die afkorting "b.v.p." in krieket staan vir ........ .
baie verder in die pad
bietjie verder van paaltjie been voor paaltjie
buiteveldpot
ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord of frase. Oor die algemeen word afkortings (bv. "b.v.p." of "mnr.") uitgespreek as vol woorde (dus "been voor paaltjie" of "meneer"). In dié opsig is "b.v.p" dus 'n uitsondering, aangesien mense dikwels sê "bee vee pee". ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)