2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 11 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-10-2024 só ingevul:



Die woorde "wet" en "wed" is ........ .
19 % (afgerond)homonieme
3 % (afgerond)antifone
78 % (afgerond)homofone 
1 % (afgerond)sinonieme

Die woorde “wed” en “wet” is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "wet" verwys na 'n 'regboek' en die woord "wed" is om 'iets waardevols op 'n kansspel verwed'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Idioom: Iemand/iets onder die ........ kry.
14 % (afgerond)bed
31 % (afgerond)lat 
7 % (afgerond)kop
48 % (afgerond)tafel

Die idioom "iemand/iets onder die lat kry", beteken 'iemand/iets met die lat slaan'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Hulle bied net ........ totdat die probleem opgelos is.
2 % (afgerond)kort termyn-hulp
6 % (afgerond)kort termyn hulp
92 % (afgerond)korttermynhulp 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die staatsadvokaat het ʼn ........ fout begaan deur nie die vakkundige getuie se mening in ag te neem nie.

16 % (afgerond)krietiese
kritiek
83 % (afgerond)kritieke 
1 % (afgerond)krities

Die byvoeglike naamwoord "kritiek" slaan op iets gevaarliks: Die beseerde se toestand is "kritiek". Die woord "krities" slaan op 'n ingesteldheid: Iemand is "krities" teenoor iets wanneer hy kritiek lewer.
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties