11 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-10-2024 só ingevul:
Die woorde "wet" en "wed" is ........ .
homonieme
antifone homofone
sinonieme
Die woorde “wed” en “wet” is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "wet" verwys na 'n 'regboek' en die woord "wed" is om 'iets waardevols op 'n kansspel verwed'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Idioom: Iemand/iets onder die ........ kry.
bed lat
kop
tafel
Die idioom "iemand/iets onder die lat kry", beteken 'iemand/iets met die lat slaan'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hulle bied net ........ totdat die probleem opgelos is.
kort termyn-hulp
kort termyn hulp korttermynhulp
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die staatsadvokaat het ʼn ........ fout begaan deur nie die vakkundige getuie se mening in ag te neem nie.
krietiese
kritiek kritieke
krities
Die byvoeglike naamwoord "kritiek" slaan op iets gevaarliks: Die beseerde se toestand is "kritiek". Die woord "krities" slaan op 'n ingesteldheid: Iemand is "krities" teenoor iets wanneer hy kritiek lewer. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)