16 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-10-2024 só ingevul:
Die twee mans het ........ geraak, nadat die een met die ander se meisie begin praat het.
hantgemeen handgemeen
hant gemeen
hand gemeen
ʼn Samestelling ("handgemeen") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hand" en "gemeen") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy ........ was toe niks anders 'n ou skedonk nie!
<limo> "limo"
'limo'
(limo)
Die dubbelaanhalingsteken word soms gebruik om te wys dat iets ironies, sarkasties, ensovoorts bedoel word. "Limo" is 'n korter wyse om na 'n limousine te verwys.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
As jy 'n ........ in die bos hoor, kan jy maar seker wees dit is hiënas.
geblaf
gehuil gelag
gebrul
'n Hiëna lag, jakkalse en wolwe huil, honde en bobbejane blaf en 'n leeu brul.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Vlekke op 'n mens se naels dui op 'n tekort aan ........ .
Kalsium
calsium kalsium
Calsium
Die name van gesteentes en minerale begin met 'n kleinletter, ook name wat afgelei is van 'n persoons- of geografiese naam.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)